|
|
||||||||||||||||
|
|
|
|
|
|||||||||||||
|
|
|
|
|
|
|
|||||||||||
|
|
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() |
|
||||||||
|
|
|
|
|
|
||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
De Rust |
||||||||||||||||
|
Die bekoorlike dorpie De Rust is geleë aan die voet van die Swarberge in die Klein Karoo. De Rust is ‘n skilderagtige dorpie met pragtige Karoohuisies tussen en op ‘n paar koppies na aan die ingang van Meiringspoort.
Vanaf die heuwels het ‘n mens ‘n skouspelagtige uitsig oor die Swartberge aan jou linkerkant en die Kammanassieberge aan jou regterkant. Saam met ‘n asemrowende maan- of sonsopkoms is hierdie bergtoneel die heel mooiste in die Weskaap. De Rust word omring deur diep, groen valleie, reusagtige en fasinerende rotsformasies, verskeie soorte dier- en plantlewe, riviere, strome, plase, tipiese Karoo plantegroei en interessante en gasvrye mense.
Dit is onmoontlik om net een nag hier oor te bly, want hier is ‘n verskeidenheid aktiwiteite soos stap, fietsry, besoeke aan talle klein winkeltjies, motoritte na besienenswaardighede in die omgewing en etes in restaurantjies. |
||||||||||||||||
|
Wittebroodspare - Sien ons foto gallery |
||||||||||||||||
|
Die oulike Malvahuisie is die ideale romantiese plekkie vir ‘n wittebroodspaartjie wat in vrede wil oornag. Die wonderlike plattelandse atmosfeer van die huisie sal jou beslis bekoor en meer nagte se oorslaap is ‘n noodsaaklikheid. Die gerestoureerde geboutjie spog met ‘n romantiese badkamer, Victoriaanse bad en al.
Die klein kombuisie is om van te droom en daar is ‘n rustige agterstoepie met die mooiste uitsig oor die groen koppe langs die waterstroompie. Veilige parkering vir jou voertuig sal jou rustig laat slaap.
Die sit/slaapkamer beskik oor ‘n dubbelbed, gemakstoele en ‘n slaapbank. Die huisie is ten volle toegerus, dus hoef jy nie bekommerd te wees oor linnegoed, handdoeke ens. nie. Daar is braaigeriewe beskikbaar. |
||||||||||||||||
|
In die area |
||||||||||||||||
|
Die Malvahuisie is in die hoofstraat van De Rust geleë en die ideale basis vanwaar gaste die omgewing kan verken. ‘n Rit deur Meiringspoort, Klaarstroom, na Prince Albert en daarna Oudtshoorn, sal onvergeetlik wees.
Die Swartbergpas tussen Prince Albert en Oudtshoorn is ‘n belewenis. Die beroemde pad na Gamkaskloof (Die Hel) is bo-op die Swartbergpas te kry en vir diegene wat ‘n vier by vier voertuig besit, is dit die ideale kuierplek.
Ons nooi u hartlik uit na ‘n rustige verblyf in ons Malvahuisie om die ontspanne atmosfeer en landelike gevoel te ervaar wat nie in die stad te vind is nie. Die Klein Karoo bied mens die vrede en skoonheid waarna elkeen soms smag. Kom maak die ervaring ‘n werklikheid. Oudtshoorn kan binne 25 minute bereik word en die Kango Grotte is slegs15 minute se ry verder. George, oulike strande by Victoriabaai en Heroldsbaai en die res van die Tuinroete is minder as ‘n uur se ry vanaf De Rust. |
||||||||||||||||
|
Copyright (C) SDP 2007 All rights reserved - Malvahuisie |
||||||||||||||||